DIE GUNS VAN GOD VIR ONS. 15 Maart 2020
HEB 4 V 16: Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
JAK 4 V 6: Maar Hy gee groter genade; daarom se Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
EFES V8&9
8: Want uit genade is julle gered deur die geloof en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
9: nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
EFES 4 V 7: Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.
JOHN V 14: En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader
kom – vol van genade en waarheid:
EFES 1 V 7: In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,
JOHN 14 V 6: Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
NOAG HET GENADE GEVIND
GEN 6 V 8: Maar Noag het genade gevind in die oe van die HERE.
EXS 4 V 13: Maar hy se: Ag, Here, stuur tog deur wie U wil stuur.
PSALM 51 V 3: Wees my genadig, o God na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
LUK 11 V 28: En Hy se: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
JAK 1 V22-25
22: En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
23: Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, die is soos ‘n man wat sy natuurllke gesig in ‘n spieel sien;
24: want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
25: Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die Vryheid en daarby bly, hy sal, omdathy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy
doen.