Youtube Link: https://www.youtube.com/watch?v=BJ9nsHM5KDk&authuser=1
PILIP 2 V 9-11
9: Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is,
10: sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
11: en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
1 JOH 4 V 3: en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
DIE ANTICHRIS BRING DIE WÊRELD BEVOLKING (VALSE GODSDIENST) I JOH 2 V 18: KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
DIE ANTICHRIS IS ‘N MISLYER VAN MENSE.
2 JOH V 7: Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
DIE ANTICHRIS SAL DIE VADER EN DIE SEUN ONTKEN.
1 JOH 2 V 22 & 23
22: Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.
23: Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
1 JOH 2 V 18 & 19
18: KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
19: Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.
THES 2 V 2 – 4
2: om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie — deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees — asof die dag van Christus al daar is.
3: Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf,
4: die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
2 THES 2 V 9 – 11
9: hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen
10: en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
11: En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
MAT 24 V 15 & 16
15: WANNEER julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom — laat hy wat lees, oplet —
16: dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
19: En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
20: En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
MAT 25 V 41: Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
MAT 13 V 42: en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.