Youtube Link: https://www.youtube.com/watch?v=eaJK7VIvIO0&authuser=1
PILIP 2 V 5: Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
MAT 26 V 39: En Hy het ’n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
JOH 4 V 34: Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
PILIP 2 V 3 & 4
3: Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
4: Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
MARK 12 V 31: En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
PILIP 2 V 7: maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
MARK 10 V 45: Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.
MAT 20 V 28: net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.
PILIP 2 V 8: en in gedaante gevind as ’n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
PILIP 2 V 13 & 14
13: want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
14: Doen alles sonder murmurering en teëspraak,
IS DIT CHRISTUS SIN.
ROM 12 V 1 & 2
1: EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
2: En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.