Galasiërs 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
2 Timothy 2:21 If a man therefore purge himself from these, he shall be a vessel unto honour, sanctified, and meet for the master’s use, and prepared unto every good work.
II Timótheüs 2:21 As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.
Hebreërs 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
Romeine 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Psalms 4:2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
Psalms 66:19 Waarlik, God het gehoor;Hy het geluister na die stem van my gebed.
Jona 2:7 Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.
Lukas 11:28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
I Petrus 1:14 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.
Exodus 23:21 Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.