PSALM 2 V 11: Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
EXSODUS 23 V 25: En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
JOH 3 V 21: Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
JOH 4 V 23 & 24
23: Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
24: God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
ROM 12 V 1: EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
PSALM 62 V 8: By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
SPR 3 V 5 & 6
Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
1 KRON 16 V 28: Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.
EFÉS 1 V 6: tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
1 PETRUS 4 V 11: As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.