Youtube Link: https://youtu.be/DhMnxD7SEbY
PILIP 3 V 20: Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
KOL 3 V 2 & 3
2: Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
3: Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
SPREUK 3 V 5 & 6
5: Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
6: Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
JOH 8 V 32: En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
EFÉS 6 V 13: Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
JAK 4 V 7: Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
OPEN 2 V 26: En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,
OPEN 3 V5: Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
2 KOR 5 V 10: Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.