SPR 18 V 21: Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
PSALM 141 V 3: HERE, stel ’n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
MAT 15 V 11: Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
EFÉS 4 V 29: Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ’n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
MAT 15 V 18 & 19
18: Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.
19: Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
EFÉS 4 V 30: En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
PSALM 119 VERS 171 & 173
171: My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.
172: My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.
1 KOR 14 V 26: HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.
1 KOR 12 V 7: Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
EFÉS 4 V 11 & 12
11: En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
12: om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,