Youtube Link: https://www.youtube.com/watch?v=lQURA3icfSQ&authuser=1
KOL 3 V 4 & 5
4: Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
5: Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
2 KOR 6 V 17: Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
a. OM AF TE SONDER.(SET APART)
b. DIT IS ‘N LEWENS STYL. ONS SAL HEILIGMAKING BEOEFEN TOT JESUS ONS KOM HAAL.
JOH 3 V 3: Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
ROM 8 V 8: En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
1 TIM 4 V 6 & 7
6: AS jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ’n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy ’n navolger geword het.
7: Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
MARK 9 V 23: En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
JAK 1 V 12: Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
MAT 5 V 6: Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
ROM 12 V 1 & 2
1: EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.
2: En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
OPEN 22 V 17: En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
PSALM 121 V 3: Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
EX 14 V 14: Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.
JES 41 V 13: Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
1 PET 5 V 6 & 7
6: Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
7: Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
HEB 13 V 5 & 6
5: Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
6: Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?
MAT 28 V 20: En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.